Tuisblad

Welkom by die Wolwe-Dans webwerf

Ons is ‘n nuwe Afrikaanse musiek duo vannaf Johannesburg, Suid Afrika en hulle debuut album “Groete van My” het sopas die rakke getref. Die genre van Wolwedans is n afrikaanse acoustic pop rock gevoel. Hulle speel en skryf eerlike afrikaanse musiek en lirieke kom vanuit persoonlikke ervaringe wat iewers in hul lewe met hulle gebeur het. Musiek is vir hulle meer as net n passie maar eerder n leefwyse. Landru en Danre het mekaar ontmoet op universiteit. Hulle altwee het op Potchefstroom studeer en was ook saam in dieselfde koshuis, naamlik Excelsior.

Hulle het 3 jaar saam ser gesing vir Excelsior manskoshuis en daarna besluit om iets saam te begin naamlik Wolwedans. (Ser is n groep individue wat d.m.v accapella stemme n hele musiek produksie saamstel. Instrumente word beperk tot n minimum.)

Altwee het op die ouderdom van 15 begin musiek skryf. Aangesien hulle die musiek mark betree is dit hul toekoms doelwit om hulself te vestig as afrikaanse kunstenaars en hulle musiek en ervaringe met die publiek te deel. Hul sien hulself as kunstenaars waarmee die publiek hulself kan vereenselfwig in terme van hul lirieke wat dan ook aansluit by Wolwedans se visie en misie.

Wolwedans se visie is dat mense hullself kan vereenselfwig met hul lirieke en die eerlikheid in hul musiek kan waardeer en daarby aanklank vind. Wolwedans se misie is dat hul daarna sal streef ons die beste musiek en lirieke moontlik daar te stel vir mense om na te luister en dat hul mense emosioneel sal raak met hul musiek.

Wolwe-Dans